Hierdie strate sal gesluit wees :
Wegspring en eindpunt :
N1 tussen Songozwi en Sirkel(Stubbstraat) toe vanaf 05:30 - 7:45
N1 tussen Rissik en Songozwistraat toe vanaf 12:00 - 18:00
Parkering vroeg Saterdag oggend :
In Songozwi is daar 4 bane vir verkeer tussen die N1 en Groblerstraat. Slegs 2 van hierdie bane sal oop wees vir tweerigting verkeer vanaf 05:00 - 06:30. Ingang by Info Kiosk sal vir hierdie tyd oop wees vir parkering in boompark. Die ander 2 bane sal gesluit wees vir fietsryers.
Hierdie hele gedeelte sal toe wees vanaf 06:30 tot 18:00. Gebruik alternatiewe parkering soos aangedui op kaart.
Eindpunt roete :
In Rissikstraat is daar 4 bane vir verkeer tussen die N1 en Kroghstraat. Slegs 2 van hierdie bane sal oop wees vir tweerigting verkeer. Die ander 2 bane sal gesluit wees vir fietsryers.
Vanaf Kroghstraat tot Wolmaransstraat in Rissikstraat sal die pad vir verkeer gesluit word.
Slegs die Kruisings by Cilliers, Krogh, Grobler en Krugerstraat sal oop wees.
Die versperrings in Rissikstraat geld vanaf 10:00 tot 18:00



















